Hallo, en welkom by ons plekkie op die web. Siende dat die 25 jaar reunie amper op ons is en dat ons mekaar solank laas gesien het (en is 25 jaar nie lank nie!), het van ons dit goed gedink om hierdie platform te skep om mekaar weer voor te stel. Hierdie gaan saam met die fotos en inligting wat Elke insamel en sal ook met die reunie gebruik word. Selfs al stel jy nie belang om te kom, of kan dit nie bywoon nie, sal ons dit waardeer as jy die basiese inligting verskaf om 'n profiel hier te plaas. Dan weet ons darem waar jy in die lewe is.
Vir 'n basiese profiel vra ek dat die volgende ge email word and die adres: 1986crsm@gmail.com vir plasing hier:
- Foto tydens matriek en foto nou.
- Naam (toe en nou as dit verander het), van en nooienesvan (in die meisies se geval)
Addisionele vrywillige inligitng (net die items wat jy gemaklik voel om te plaas ):
- Huwelikstatus en huweliksmaat/ lewensmaat waar van toepassing;
- Kinders en ouderdomme;
- Beroep;
- Huidige tuisdorp;
- Email adres;
- Telefoon nommer
- Foto van jou familie
Ons sal dit ook waardeer dat enige fotos nie op facebook geplaas nie na die adres ge pos word dan kan ons dit ook hier plaas vir almal om te geniet.
No comments:
Post a Comment